Goeie môre my vriende,
Vandag sal ons praat oor geslagsgelykheid. 'n Groot probleem in ons lewens. Ek wil my mening oor geslagsgelykheid met julle deel.
Volgens die Wetsontwerp
op die Bevordering van vroue en geslagslykheid wat in 2013 in die Parlement
bekendgestel is, sal geslagsgelykheid bevorder word omdat vroue gesien word as
broos en swak. Die wetsontwerp het gehelp in sekere besighede waar vroue
bevorder is tot hoër posisies.
Die Wetsontwerp moet respek vir geslagsgelykheid
en die ontwikkeling, beskerming en verwesenliking van geslagsgelykheid
bevorder.
Ander navorsing volgens ‘n artikel deur Elma Kloppers toon dat daar meer manlike bestuurders as vroue is. Vroue beklee minder as vier present van bestuursposte. Vroue word minder betaal as mans (NEE!). 50% van die mans hou hoër posisies as vroue in groot korporatiewe besighede. Volgens ‘n peiling van PwC, 'n maatskappy wat gebaseer is op geslagsgelykheid was geslagsongelykheid in 2009 grootliks onveranderd. In April was daar net elf vroue in nie-uitvoerende voorsitterposte in KSE-genoteerde maatskappye uit ‘n total van 341. In 2015 het dit tot sestien geklim.

Volgens die artikel, “Dieet soos
‘n man”, is mans meer in staat om by hul gewig te hou as vroue. Vroue kan nie
in hierdie negatiewe lig van stereotipes geplaas word nie. Stereotipes om
kaalvoet en swanger in die kombuis te wees, selfs al is ons beter kokke, is nie
reg nie.
Ons moet wys dat vroue sterker is
en dat ons gelyk kan wees! Ons moet veg vir gelykheid.
Dankie julle.
No comments:
Post a Comment